Die nuwe Afrikaan : ‘n reis deur Angola /Joubert, Elsa

R180.00

In September -Oktober 1973 besoek Elsa Joubert Angola, dié land wat so intiem verbind is met die lotgevalle van Suid-Afrika. Vir haar gaan dit in eerste instansie om ‘n soek na beter begrip, groter kennis van Afrika;  dit gaan om die vraag na die regte verhouding tussen wit en swart en die rol wat elke ras en groep moet speel om die toekoms van hierdie vreemde kontinent waarvan Suid-Afrika en Angola onvervreembaar deel is, gesond te laat ontplooi.

Want in hierdie kontinent word geskiedenis gemaak. Sy reis per vliegtuig, per motor, per trein, per jeep. Sy besoek die noorde met sy dreigende, broeiende oerwoude waar die terroriste-gevaar skuil. Met die gevaarlike “koffiepad” besoek sy Quitexe, die dorpie waar die ergste moorde in 1961 plaasgevind het, sy besoek versterkte plase met hul hoë draadversperrings en spreiligte. Sy reis deur die barre suide wat soveel nader, meer verwant aan SA is. Sy gesels met dokters, met onderwysers, met amptenare, militêre – sy vra uit, neem waar, maak haar eie gevolgtrekkings. En kom op soveel verskillende standpunte af: Daar word te min vir die ontwikkeling van die swartman gedoen, – daar word te veel gedoen …. wat gedoen word, is te laat.

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.CHA.105/6/20 Category: Tags: , , , ,

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste druk 1974

Hardebandboek met mooi netjiese stofomslag, eerste binneblaai verwyder asook stempel met voorin boek, res van inhoud is skoon en netjies