Description
Uitgegee deur Perskor
Eerste uitgawe, eerste druk 1983
Hardeband met stofomslag
Boek toon verweer op buitekant en is ‘n xbibboek met stempels, en plakker op rugkant
R45.00
In Die Otters se koshuisstreke is die drie otters, Buks, Kassie en Litte weer baie bedrywig. Ou Ram, die kwaai koshuisvader, wil stormram raak as hy die Otters, uitvang wanneer hulle onwettig glydraad ry. Dan gebeur daar egter iets wat ou Ram mak maak, so mak soos ‘n lammetjie.
In Die otters se koshuisstreke raak die Otters weer met die gevreesde Vuisbende deurmekar en daar’s perre. Baas was nog nooit klaas nie en as ‘n ou man nou teen die kerktoring moet uitklim om te te bewys…!
Boonop staan Litte nogal en verlief raak, so verlief dat hy ‘n meisiekind se lewe moet red….
Out of stock
Uitgegee deur Perskor
Eerste uitgawe, eerste druk 1983
Hardeband met stofomslag
Boek toon verweer op buitekant en is ‘n xbibboek met stempels, en plakker op rugkant