Sale!

Koukonap: ‘n Vaalrivier storie/ Johann Botha

Original price was: R110.00.Current price is: R90.00.

Die dorp Koukonap in die middel van die twintigste eeu. Dries Fourie en vriende verken die Vaalrivier met kano’s en voer ‘n oëskynlik idilliese Tom Sawyer-tipe bestaan. Maar die tyd stap aan. Politieke donderweer pak saam oor die land. ‘n Vloed in die rivier bedreig die dorp. Al die inwoners sal deur die “winde van verandering” geraak word.

Mense soos Lood en Lenie Fourie, wat hulle half teësinnig hier kom vestig het: die Davels oorkant die draad, Enie Malmok en Japie Tarentaal van die Breipaal-lokasie: Oupa Sarel wat dalk net ‘n regte-egte Boereheld was…

Hierdie storie van vele fasette ontgin die Noord-Kaapse landskap en geskiedenis en so ook die kringloop van die lewe. Die sentrale saambindende tema bly die rivier. Die roman lig trouens aan die leser die uitdaging: Klim in die kano en roei saam. Maar wees gewaarsku : die stroom kan jou meevoer na ‘n maalkolk!

Out of stock

SKU: FAB.BOK.002/19/9/17 Category:

Description

Uitgegee deur Quellerie Uitgewers

Eerste uitgawe 2016

Sagteband splinternuut

Omslagontwerp deur Michiel Botha