Die reuk van appels / Mark Behr

R100.00

Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer, Eddie Barlow se krieketspan is besig om die Engelse op Nuweland op te dons, die Amerikaners begin noustrop trek teen die Kommuniste in Viëtnam en in die Kaap is die elfjarige Marnus besig om te leer wat menswees en manwees beteken.

Die lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar, vreeslik.

Agter hom lê die geskiedenis van sy familie in Tangajika. Voor hom, al weet hy dit nog nie, wat ‘n grensoorlog. Tussen geweld en geweld lê daardie oomblik van die alledaagse breek om alles onherroeplik te verander.

Van daardie beslissende oomblik af sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus aanraak.

Die reuk van appels is Mark Behr se eerste roman.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.3500/14 Category:

Description

Uitgewer: Quellerie-Uitgewers

Datum: Tweede uitgawe, vyfde druk 2002

Toestand: Sagteband in nuwe en skoon toestand

Voorblad ontwerp: Laura Olivier