Die sender in Vaatjiestraat / Rolf Ulrici

R80.00

Die verhaal van ‘n klassender wat wêreldberoemd geword het.

Gerd Engel is dol versot op alles wat met ‘n radio te maak het. In sy kamer lê daar gedurig radioonderdele rond waarmee hy heeldag sou peuter  as hy net kon – die plek lyk eintlik meer na ‘n vendusielokaal as na ‘n slaapkamer. gerd se grootste wens is om ‘n geregistreerde radio-amateur soso sy ouboet Heinz te wees. Heinz het sy eie sendtoestel, maar Gerd mag nie daaraan raak nie. Toe gaan Heinz in ‘n naburige stad studeer, en net daar kry Gerd sy kans.

Eers wil hy net Morse-seine uitstuur, maar om sy vernuf aan sy klasmaats te bewys, bou hy die toestel so om dat ‘n mens sy uitsendings op ‘n gewone radio kan opvang. Hy gesels oor die lug en speel plate uit sy diskoteek. Hierdie klein begin lei tot groot dinge…

1 in stock

SKU: FIKSIE.VERT.HAR.028/9/19 Category:

Description

HAUM

Eerste druk Maart 1969

Hardeband met stofomslag

Vertaal deur Leon van der Westhuizen