Die sneeu van anderjare: ‘n keuse uit die prosa van C.G.S. de Villiers se prosa /Aucamp, Hennie (samesteller)

R150.00

Karen Blixen, die beroemde Deense Engelse skrywer, het haarself “‘n restourateur van die verlede” genoem;  en dié kwalifikasie kan ook met mense soos dr. Con de Villiers, M.E.R., Gustav Preller en Boerneef verbind word.

Nie net uit nostalgie of romantiek herstel en herskep hulle ‘n Boereverlede nie, maar bowenal uit ‘n verantwoordelikheidsbesef teenoor die hede. “So is onse maniere” wil hulle aan die moderne Afrikaner sê. Ons het ‘n eie geskeidenis, en ‘n kultuur wat wortel in ons eie aarde.

MER het die belang en gehalte van dr. Con de Villiers se literêre werk besef. Hiervan het sy dikwels getuig, onder meer in ‘n brief aan haar uitgewer wat Medereisigers aan haar gestuur het: Wat vir my baie mooi en baie werd is”, skryf sy, “is ons manier van weergee van ons volk se aarde en wese. En ons sien dr. Con se soort, lyk, nog nie reg raak nie.”

Out of stock

SKU: FIKSIE.ALG.114/3/2o Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste druk 1976

Hardebandboek met mooi omslag