Die spinneweb / E.F. Potgieter

R90.00

Die spinneweb is ‘n spannende verhaal van die stryd op ons grense. Die enkele Blankes op die grenspos voer saam met hul swart makkers ‘n stryd tot die dood toe teen die slinkse vyande wat alle gesag probeer ondermyn.

Dit is ook die verhaal van Narob, die Hukwe-Boesman, met sy eienaardige gewoontetjies en sy verterende haat teenoor die terroris wat sy jagmaat doodgeskiet het. Hy besef dat hy nie alleen kan wraak neem nie;  hy het ‘n sterk bondgenoot nodig;  die polisie sal hom help! Wanneer hy dan met die hulp van die Blankes weer voor die man te staan kom, laat hy hom ‘n grusame dood sterf…

Die skrywer het ondervinding van die dinge waaroor hy skryf. Hy ken  ook die veld- en dierelewe, wat ‘n belangrike newedeel van die verhaal uitmaak. Sy humoristiese aanslag verlig telkens die swaar spanning en sorg vir ‘n paar luimige momente in die boek.

Die spinneweb is nie net ‘n verhaal vir die jong leser nie. Ook die ouers leser sal dit graag lees om meer te wete te kom van die gees waarin die stryd gevoer word.

Die skrywer besef self die erns va ndei saak, die omvang en verwikkeldheid daarvan. Daarom sê hy: Dit is geen storie nie. Dit is ‘n spinneweb…”

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.0001/7/19/22 Category:

Description

Uitgewer:  Perskor

Datum: Eerste uitgawe eerste druk 1974

Toestand: Hardeband met mooi heldergeel stofomslag, boek so goed as nuut