Die spree met foete / Philip de Vos

R400.00

Diegene wat uitkyk vir Philip de Vos-kinderboeke, sal weet hoe dun dit gesaai is. Sit nou nog Piet Grobler se unieke illustrasies in dieselfde boek en saam-saam maak hulle ‘n wenspan!

Philip de Vos vertel op die agterblad dat hy onmiddellik toe hy hierdie verse van Annie M.G. Schmidt in Amsterdam ontdek het, besluit het om dit sommer oor te vertaal uit Nederlands in Afrikaans, sodat Suid-Afrikaanse kinders ook van nou af sal weet van hierdie wonderlike, wonderlike skrywer.

Die Afrikaanse verwerking en Piet Grobler se fantasieryke illustrasies open ‘n deur op die wêreld van Nederland se mees geliefde skrywer van kinderverse : Annie M.G. Schmidt

 

 

Out of stock

SKU: KIN.KLO.012/4/21 Category:

Description

Human & Rousseau

Tweede druk 2004

Groot sagteband storieboek met pragtige illustrasies deur die bekende illustreerde Piet Grobler, daar is ‘n boodskap aan die vorige eienaar voorin die boek geskryf, maar die boek is steeds soos nuut

Bandontwerp ook deur Piet Grobler

Afrikaanse verwerkings van Annie. M.G. Schmidt se verse