Die springbok / I.D. du Plessis
R65.00 R45.00
“Die springbok en Du Plessis se ander rugby-skryfwerk – Die silwervaring (1933, ’n jaar ná die eerste Afrikaanse Bybel gepubliseer is), Die Rugby-kroon (1934) en Rugby in Rio (1941) – bied ’n blik op die tydsgees en die groot verering wat daar was vir almal wat ’n Springbok-trui oor die kop getrek het. Die spelers was helde – en in dié romans is hulle meestal eerbare, onbesproke mense met ’n baie sterk siening van dít wat reg of verkeerd is. Mans wat ’n swaard uit ’n klip sou kon trek.”
Vanaf: (http://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-150-jaar-van-suid-afrikaans/)
Daar word gesê dat rugby in die Afrikaner se bloed is. Dit is stellig en van die redes waarom I.D. du Plessis se rugby-reeks, Die Silwervaring en Die Rugbykroon so gewild was.
Vir die jeug van vandag wat lief is vir rugby, wat miskien nog nie met senter Willie Venter, losskakel Piet Uys en hul maats Tokkie, die vetsak en Sigaret, die stil rooikop, kennis gemaak het nie, sal dit ‘n lekkerte wees om hierdie reeks te lees…
Out of stock
Description
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers
Derde uitgawe, eerste druk 1977
Hardeband met rugbyspelerskets op voorblad nog mooi en netjies, “Cancelled” stempels in boek en ook hier en daar potloodaantekeninge en onderstreping
Ou skoolboek met gewone stempels en ook sellotapemerke voorin boek
R40