Description
Tafelberg
Tweede uitgawe 1983
Hardeband met mooi gekleurde skets voorop, skoolstempel op binneblad, bladsye het vergeel
Voorwoord deur Lydia Pienaar
R120.00
Maria is vyftien. Sy gaan by haar ouma op Malgasbaai kuier – die res van die gesin kom ‘n week later. Haar van is Mader maar Ouma sê hulle twee is eintlik Iers, O’Briens – albei eilandmense met hul voete op die grond en die see in hul harte, es Aigena in die ou Ierse sprokie.
Afgesin van haar liefde vir die see, kuier Maria dolgraag by Ouma. Hierdie keer sien sy egter nie uit na die vakansie nie, want nou sal hy ook nie daar wees nie.
Die vorige vakansie het sy ‘n student, ‘n mariene-bioloog, leer ken. Hulle het saam gesels, gestap, rotspoele verken en die wesens van die see waardeer – veral die dolfyne. En hy het haar ‘n seenimf genoem. Lodewyk sal nie op Malgasbaai wees nie – nooit weer nie. Hy het verdrink, die dag toe Maria-hulle kuiermense gehad het en hule almal na die voëlreservaat toe was.
Hierdie verhaal van Rona Rupert is aangrypend en boeiend.
1 in stock
Tafelberg
Tweede uitgawe 1983
Hardeband met mooi gekleurde skets voorop, skoolstempel op binneblad, bladsye het vergeel
Voorwoord deur Lydia Pienaar