Description
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1980
Hardeband met gekleurde glansvoorblad boek soos nuut maar naam van vorige eienaar voorin geskryf
R70.00
Die uur van die idiote is die tiende bundel van De Vries, een van die belangrikste beoefenaars van die kortkuns in Afrikaans.
Met hierdie bundel, sy eerste sedert Bliksoldate bloei nie, in 1975, bring De Vries interessante nuwe ontwikkelinge, maar sluit tog ook in belangrike opsigte aan by sy vorige werk.
Die verhale speel teen ‘n wye agtergrond af: van die Klein Karoo na Natal, van ‘n half vergete klein stranddorpie aan die Kaapse suidooskus na die grootstad of na Griekeland. En daar is ‘n wye verskeidenheid mense hier te ontmoet: vermoëndes wat hulle aan die lewe onttrek maar tog voorttas na rigting en sin, Karel Afrikaner wat oor die verlede sit en mymer op sy werf, toeriste wat in Griekeland rondreis maar eintlik in ‘n veel wyer sin van die woord op reis is, ‘n moeder en dogter vasgevang in ‘n dorpse milieu waar almal van almal weet, werknemers en werkgewers gewikkel in ‘n patroon van lojaliteit en verraad in ‘n rustige boekegemeenskap, ‘n afbeenman in ‘n rystoel wat op die perron aan die verkeerde kant van die trein, aan die wit of die swart kan, afklim…
Out of stock
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1980
Hardeband met gekleurde glansvoorblad boek soos nuut maar naam van vorige eienaar voorin geskryf