Description
Tafelberg
Eerste druk 1970
Hardeband met mooi omslag boek in puik toestand
Oorspronklike titel: Le Grand Meaulnes
Vertaal uit Frans deur Ignatius van der Westhuizen
Stofomslagontwerp: Helmut Starcke
R200.00
Die rustige, alledaagse lewenspatroon van ‘n plattelandse onderwyser en sy gesin word onverwags verstoor toe die jong en eienaardige Augustin Meaulnes by hulle kom woon. Hy is ‘n rustelose seun wat min praat.
Een nag verdwyn hy spoorloos. Toe hy na ‘n paar dae gehawend by die huis opdaag, is Francois, die onderwyser se seun, die enigste aan wie hy die verhaal van sy vreemde ondervinding toevertrou: Hy het in die woud verdwaal en uiteindelik op ‘n verlate plaashuis afgekom waar ‘n groep kinders en jongmense in outydse kleredrag besig was om fees te vier. Twee dae lank was hy deel van hierdie sprokieswêreld. Daar het ook vir Yvonne, wie se skoonheid en grasie hom baie beïndruk het, ontmoet. Maar voor hy haar beter kon leer ken, het die fees skielik geëindig. Augustin is deur ‘n onbekende persoon gedurende die nag terug na sy huis geneem.
Voortgedryf deur die begeerte om sy “verlore opstal” weer te vind, wend Augustin verskeie vrugtelose pogings aan om dit op te spoor. Hierdie soektogte laat hom ‘n troostelose winter in Parys deurbring en bring hom onder meer op sy swerftogte in aanraking met die geheimsinnige Sigeunerlewe .
Uiteindelik skryf hy moedeloos aan Francois om hom en sy hele avontuur te vergeet. Maar dan maak Francois ‘n belangrike ontdekking . . .
Die Verlore Opstal is ‘n meesterlike skildering van die onsekere en vreemde wêreld van die adolessent met sy wisselende mengelmoes van idealisme, fantasie en loutere lewensvreugde. Elkeen wat dit lees, sal dit weer wil lees. Dit is ‘n verhaal wat die leser sal onthou lank nadat hy dit klaar gelees het…
Hierdie roman, wat reeds in 1912 verskyn het, is die enigste van die jong Franse skrywer, Alain-Fournier, wat in 1914 op die slagveld gesneuwel het. In die Frans word dit as ‘n stukkie klassieke literatuur beskou wat deur min ander werke geëewenaar word.
1 in stock
Tafelberg
Eerste druk 1970
Hardeband met mooi omslag boek in puik toestand
Oorspronklike titel: Le Grand Meaulnes
Vertaal uit Frans deur Ignatius van der Westhuizen
Stofomslagontwerp: Helmut Starcke