Die verlore vader: Dokumente van die politikus Pieter van den Berg/ J.C. Steyn

R100.00

Dokumente van die politikus Pieter van den Berg.

Hierdie “dokumente-roman” werp die soeklig op die lotgevalle van ‘n politieke familie en die spannings onder ‘n ”volk in die branding”. Die gewese apartheidsvoorstander en politikus Pieter van den Berg se onvoltooide Weg van apartheid is ‘n verslag van die politieke ideale en mislukkings van ‘n man wat ook in sy persoonlike familielewe al hoe meer ontnugter en teleurgestel word.

Sy twee jongste seuns is elkeen op sy eie manier op ”n ‘weg van ongeluk”. Die jongste, Faan, is ‘n ongeluksvoël wat tydens swart onluste teen apartheid in ‘n situasie beland wat vir hom op ‘n ramp uitloop en sy lewe beslissend verander. Sy ouer broer, Karel, beland in die tronk.

Die  familietragedie word afgesluit met ‘n voorval waarin ‘n verleidelike Lolita-agtige reisgenoot een van die hooffigure in die ellende dompel. Reeds in die eerste afdeling val die klem op spannings wat ontstaan as gevolg van uiteenlopende standpunte oor vraagstukke soos militêre diensplig, ‘n blanke tuisland, rassesuiwerheid en taalhandhawing – almal sake wat nasionale selfbehoud en selfrespek raak.

In die tweede afdeling kry hierdie sake verder perspektief met dokumente oor verskillende volkere: Romeine, Jode, Nederlanders, Franse, inwoners van Haïti, kortom diskrimineerders, veronregtes en bedreigdes van ander tye…

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.DAR.012/1/20 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Versorg en ingelei deur J.C. Steyn

Eerste uitgawe, eerste druk 1985

Hardeband met mooi omslag, boek skoon en netjies, alhoewel vergeling op blaaie