Sale!

Die avonture van Sherlock Holmes (Libri) / Sir Arthur Conan Doyle

Original price was: R130.00.Current price is: R80.00.

Arthur Conan Doyle is op 22 Mei 1859 te Edinburgh gebore. Hy het in die medisyne gestudeer en in die Engelse dorpie Southsea gepraktiseer. Hy het egter ‘n baie groot belangstelling in die letterkunde gehad en in sy vrye tyd stukke vir tydskrifte geskrywe. Sy eerste Holmes-verhaal nl. A study of Scarlet het in 1887 in Beetons’ Christmas Annual verskyn, nadat dit eers deur twee ander uitgewers afgewys is. Teen 1891 het Doyle, wat intussen ook belang begin stel het in historiese romans, finaal besluit om sy mediese werk neer te lê en hom hoofsaaklik op skryfwerk toe te lê. ‘n Groot aantal historiese romans, bundels kortverhale en joernalistieke werk, waaronder o.a. ook ‘n boeke oor sy ondervindinge as mediese dokter in Suid-Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog, het verskyn. Die Sherlock Holmesverhale het in vyf bundels verskyn nl. die Adventures, Memoirs, Return, Last bow en Case Book of Sherlock Holmes en verder in vier lang verhale nl. A study in Scarlet, The sign of four, The hound of the Baskervilles en The valley of fear. Doyle is in 1930 te Crowborough, Sussex, oorlede.

Out of stock

SKU: FIKSIE.CHA.013/12/9/17 Category:

Description

Uitgewer: J.L. van Schaik Bpk

Datum: Tweede druk 1960

Toestand: Hardeband sonder stofomslag boek nog mooi en stewig, prysuitdelingplakker voorin, op paar plekke is met kinder handskrif in ink tussen die lyne geskryf

Reeks: Die Libri-reeks van klassieke jeuglektuur nr. X

Vertaling: Afrikaanse vertaling deur Jacques van Zijl

Oorspronklike titel: The adventures of Sherlock Holmes