Description
Nasionale boekhandel bpk
Datum: Eerste druk 1962
Toestand: Hardeband met omslag met effense skaafmerke op voorkant van boek, inhoud skoon en netjies
Reeks: Frans Lindenhof nr. 6
R120.00
Toe Pierre Rahberg vir die eerste keer in sy lewe op sy oupa se plaas Rooivlei kom, beland hy meteens in die middel van ‘n on familievete. ,,Meer as vyftig jaar haat die Boetsemas en die Rahbergs mekaar en daar het al snaakse dinge gebeur” — so het sy niggie Mercia vir hom die situasie opgesom.
Op die oomblik is die twisappel die dam wat die Rahbergs van plan is om in die rivier tussen die twee plase te bou. Pierre wil nie graag in die ongure twis betrokke raak nie, maar sy afgeleefde oupa maak staat op hom : hy moet sorg dat die damwal opgerig word, anders gaan die Rahbergs se boerdery op Rooivlei weens gebrek aan water tot niet. Daarom besluit Pierre om die taak aan te durf, selfs al wil die drie fris, jong Boetsemas op die buurplaas hom dwarsboom, en sells al beteken dit dat daar nou niks sal kom van ‘n vriendskap met die bekoorlike Phylida Boetsema nie.
Voor die wind gaan dit nie. Reeds die eerste dag moet Pierre vir geweerkoeëls koes. Daarna tref een ramp na die ander die Rahbergs, sodat Pierre soms wonder of dit alles net kwaadwilligheid van die Boetsemas kan wees.
Steek daar dalk waarheid in sy ma se bewering dat die Rahbergs self ‘n nare klomp mense is? En is Mercia se stiefbroer, die half mal wetenskaplike Leonidas, werkIlk so onskuldig as wat hy lyk?
Pierre is ‘n jong man wat byna in elke situasie goed van homself rekenskap kan gee, maar as speurder Frans Lindenhof nie ‘n handjie kom bysit het nie, was die damwal dalk letterlik oor sy dooie liggaam gebou.
1 in stock
Nasionale boekhandel bpk
Datum: Eerste druk 1962
Toestand: Hardeband met omslag met effense skaafmerke op voorkant van boek, inhoud skoon en netjies
Reeks: Frans Lindenhof nr. 6