Die wag-‘n-bietjie-bos /Henning, Nan

R90.00

“Wanneer ek dieper kyk en dink as wat ‘n sondaar pas en steek ek dan my hande uit na U besluit, dan gryp ek in die dorings vas.” Hierdie aanhaling uit ‘n gedig  van Totius is eintlik die tema van hierdie roman. Die wag-‘n-bietjie-bos is van ver so skoon, so groen, so blink… maar hoe verward…

Verwarring word geskep in die gemoed van Dittmar van Rensburg, seun van ‘n kleinlike, hooghartige, afgunstige moeder wat sy lewe en die van sy vader probeer reel en hulle selfvertroue ondermyn. Dittmar is verlief op Zaan Mentz, dogter van minder gegoede oom Tinus, ‘n buurman.  Maar Dittmar se moeder, Naomi, doen haar bes om die verhouding te laat verongeluk.

 

1 in stock

SKU: FIKSIE.DON.012/23/57/21 Category:

Description

JP van der Walt

Tweede uitgawe 1982

Hardeband boek soos splinternuut

Tippexmerk op binneblad