Donker liefde: My verhouding met heroien /Venter, Anoux

R90.00

Anoux is nooit angerand, verkrag of deur haar ouers verstoot nie.
Om die waarheid te sê, sy het in ‘n gelukkige en welgestelde gesin grootgeword. En tog het sy heroïen as haar dodelike metgesel gekies op n pad van wanhoop en selfvernietiging.
In Donker liefde – My verhouding met heroien karteer sy haar verhouding met heroïen en die verwoesting wat dit in haar en die mense om haar se lewens veroorsaak het. Sy en haar geliefde Raine deel hulle verslawing en trek mekaar keer op keer weer in die donker, intieme wêreld van dwelmmisbruik in. Wanneer Anoux uiteindelik besluit om haar verslawing te verbreek, draai sy naby die dood om voor sy haar lewe weer kan begin opbou.
Anoux spreek n belangrike sosiale kwessie oop en eerlik aan, sonder om te probeer preek of mense wat nog met verslawing sukkel te verkleineer. Haar verhaal is beide ‘n waarskuwing en ‘n boodskap van hoop en oorlewing.

1 in stock

SKU: BIO.ELI.010/9/24 Category:

Description

Human &Rousseau

Eerste uitgawe in hierdie vorm 2007

Sagtebandboek, omslag mooi en netjies, naam van vorige eienaar met pen op binneblad geskryf.