Eenders en anders / Freda Linde

R140.00

Eenders en anders neem die jong leser op ‘n ontdekkingstog wat begin by homself en die gewone dinge wat hy elke dag om hom sien, maar wat hy nog nooit van naby ondersoek het nie. Dit begin by alles wat een is en eindig by alles wat vyf is. En wat die leser ontdek, is meer as verrassend. Dis ‘n wêreld so boeiend soos ‘n sprokie, maar een wat werklik en onuitputlik is…

In dié wonderwêreld waarin ons leef, is daar in alles patrone: in die mens, in die plante- en dierelewe, in die geskiedenis. Patrone verdwyn ook nie – selfs wanneer lewe uitsterf, herleef hulle weer in nuwe lewensvorms.

Freda Linde is die mees bekroonde skrywer van kinder- en jeugboeke in Suid-Afrika. In hierdie vernuwende boek dra sy ‘n magdom kennis op spontane, natuurlike en dikwels humoristiese wyse oor. Die jong leser sal geboei word deur haar raak en oorspronklike skryfwyse, en terselfdertyd geprikkel word om die wêreld al wyer te verkien – met al vyf sintuie.

Out of stock

SKU: KIN.PTO.010/10/22 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1999

Toestand: Hardeband met glansbuiteblad, boek is letterlik splinternuut en waarskynlik nooit gelees nie.

Illustrasies: Bennie Kruger

Omslagontwerp: Teresa Williams