Ek is nog hier /Ficher, Irene

R160.00

‘Ek is nog hier‘ handel oor Irene Fischer se lewe nadat sy ‘n traumatiese breinbesering in ‘n gru-motorongeluk opgedoen het. Dit het haar onverwags in ‘n onbekende wêreld gedompel – die leefwêreld van die gestremde. As ‘n mens onverwags, ongevraagd, deur ‘n vuurdoop gaan en herverpak – gestremd – aan die anderkant uitkom, hoe verwerk mens die verlies? Irene vertel van haar desperate soeke na antwoorde op ingewikkelde vrae wat ontstaan as die brein breek.
‘Ek is nog hier’ is vol lewenswyshede asook waardevolle lesse wat Irene geleer het sedert haar lewe handomkeer verander het. Ernstige (soms ontellende) ontdekkings word afgewissel met ‘n spontane sin vir humor wat die balans handhaaf tussen lig en donker, wanhoop en optimisme. Haar waagmoed, uithouvermoë en veggees is werklik bewonderenswaardig en beloof om elkeen wat haar verhaal lees te inspireer.

Out of stock

SKU: BIO.EDA.049/13/06/22 Category:

Description

Erfenis Publikasies

2015

Sagtebandboek is soos nuut maar kosbare boodskap deur die skrywer opgedra aan ‘n vorige eienaar