Op die bodem van die Vaaldam : Geskiedenis van die plaas Zandfontein en die RAU-eiland (1850-1936) / Prof. V.E. d’Assonville

R120.00

Die eiland in die Vaaldam wat deur die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) besit word, kan dikwels van 1936 af uit vliegtuie gesien word. Iets geheimsinnigs roep vrae op, want ongeveer sewentig jaar gelede het daardie stuk wêreld heeltemal anders gelyk.

Die waters rondom die RAU-eiland het ‘n hoogs interessante geskiedenis van mense wat ‘n eeu lank daar geleef het. Die lewe van hierdie geslagte wat die ou plaas Zandfontein en die eiland vir 100 jaar bewerk het, was kleurvol, opwindend en dramaties. Soos wat die stygende waters van die Vaaldam hulle landerye, vrugeboorde, populierbosse, wonings, krale, paaie en grafte toegestoot het, is ook daardie ou plaas van Zandfontein met sy 1336 hektare, se geskiedenis van mense, diere en plante verswelg. Al wat van die ou Voortrekkerplaas oorgebly het, is die RAU-eiland. Die boek Op die bodem van die Vaaldam het nou die gordyne ietwat oopgetrek. Voordat die water hierdie mense en hulle huise oorspoel het, het drie oorloë (1880-1881, 1899-1902 en 1914-1918) oor hierdie geslagte gestroom. Ook die runderpes van 1896, die griepepidemie van 1918 en die bitter swaar depressie van die dertigerjare was hulle deel.

9 in stock (can be backordered)

Description

Uitgegee deur Marnix

Eerste uitgawe 2002

Sagtebandboek splinternuut van uitgewer bestel

Omslagontwerp: Jenny Seagreen