Description
Flyleaf Publishing
2020
Sagtebandboek – nuut aangekoop
R350.00
Anton Muller is in 1962 as driejarige met ‘n ernstige graad van outisme gediagnoseer en as “onopvoedbaar” geklassifiseer. Hy sou waarskynlik in ‘n inrigting geplaas moes word.
Anton Muller is in 1962 as driejarige met ‘n ernstige graad van outisme gediagnoseer en as “onopvoedbaar” geklassifiseer. Hy sou waarskynlik in ‘n inrigting geplaas moes word. Sy ma het egter besluit dat Anton sy plek in die samelewing met waardigheid moes vol staan. Hy is in die “spesiale klas” van die plaaslike laerskool geplaas, waar sy lewensreis ‘n verrassende koers inge-slaan het.
‘n Groepie kinders het hom omarm – met Anton wat op sy beurt hulle lewens verryk het met sy unieke talente en sin vir humor. Drie jaar gelede het hy begin om sy herinneringe van die afgelope ses dekades neer te skryf. Sy teks word aangevul met vertellings deur vriende, familielede en onder-wysers.
Enersyds gee dit ‘n blik op hoe iemand met outisme die “normale” wereld ervaar; andersyds gee dit vir die buitestander ‘n kykie na die intense afgeslotenheid waarbinne ‘n outistiese mens leef.
1 in stock
Flyleaf Publishing
2020
Sagtebandboek – nuut aangekoop