En drie maal kraai die haan /Van Blerk, HS

R100.00

En drie maal kraai die haan is die roman oor die onstuimige Ossewabrandwagjare.

Alle krisistye in ons nasionale bestaanstryd het al stem gekry in ons literatuur: die pionierstryd, die Trek, die Vryheidsoorlog, die Rebellie, die staking van ’22 en selfs die resente sabotasie-intriges – maar die jare van storm en drang, wrywing en frustrasie met die Ossewabrandwag as katalisator: daaroor is romanmatige nog altyd geswyg.

Weinig van ons skrywer het deel aan die dinge gehad en mens moet ervaring paar met verbeelding. Behalwe Van Blerk, en hy moes eers afstand kry op daardie gebeur – soos Rilke sê: Dit moet deel van jou bloedstroom word.

Die verhaal van Thys Lombard en Ruth Fremont speel waf teen die grou jare van die Tweede Wêreldoolog toe meer as oorlogswolke saamgepak het oor Afrikaanssprekendes en Engelsprekendes en oor Afrikaner en Afrikaner…

Nog nooit is hierdie stormagtige tydperk in ons land se geskiedenis so sinvol gebeeld as deur Van Blerk in hierdie boek nie…

Out of stock

SKU: FIKSIE.DAS.001/7/18 Category: Tag:

Description

Uitgewer: Voortrekkerpers

Datum: 1968

Toestand: Hardeband met stofomslag in goeie toestand, vorige eienaar se naam voorin geskryf