Gebed kan my lewe verander /Maartens, Maretha

R45.00

KOm ons wees ‘n slag eerlike: gebed is vermoeiend, soms vervelend, lastig. Ons verwelkom elke verskoning om nie te hoef bid nie. Ons is traag om te begin en verlig as ons klaar is. Wanneer ons bid – maar nie wanneer ons ‘n lekker boek lees of ‘n blokraaisel doen nie – is die onbenulligste dingetjie genoeg om ons aandag af te trek.”

Skokkende woorde?

EN dit van ‘n groot Christendenker soos C.S. Lewis? Skokkend eerlik ja! Maretha Maartens sê ons kan nie ontken dat ons almal maar sukkel met ons gebedslewe nie.
Ons beleef dooie dae
Ons vertel leuens oor hoe getrou ons bid
Ons spartel om ‘n gedissiplineerde gebedsroetine vol te hou.
Ons gebede is futloos en flou.

Wat moet ons dan doen? – Dis waaroor hierdie boek handel. Met teologiese diepgang, met ingegriteit, in haar kenmerkende, literêr bekroonde skryfstyl, bied Maretha ‘n praktyk-beproeftde gebedsgids, wat u lewe kan verander…

 

 

Out of stock

SKU: GEE.ALG.800/15; GEE.ALG.004/4/21 Category:

Description

Uitgewer: Lux Verbi

Sesde  druk 1992

Boek sagteband in mooi toestand, lang boodskap vir vorige eienaar geskryf op binnebladsy