Gevaarlike land /Kruger, Louis

R100.00

Gevaarlike land speel iewers in die toekoms af. Die Nederlander Evert Scheepers is in Suid-Afrika gebore. Hy is nou terug in Suid-Afrika om as sluipskutter vir generaal Frederik Landman, leier van die regse militêre junta, dood te maak. Hierna moet hy ’n nuwe demokratiese blanke nedersetting vestig. Onderweg vind hy egter uit dat die geskiedenis nie maklik veranderbaar is nie en wanneer hy die verlede trotseer raak hy toenemend betrokke in ’n stryd binne homself. Die netwerk van verhoudings waarin hy betrokke is, word ondersoek, met sy pa wat ’n sentrale rol speel. Die psigose van geweld is weereens onderliggend aan hierdie roman, met die boodskap dat geweldenaars slagoffers word van geweld, selfs as hulle dit wil gebruik om groter geweld en boosheid daarmee te beveg. Geweld neem besit van die innerlike van die mens.

2 in stock

SKU: FIKSIE.WAV.007/27/5/22 ; FIKSIE.ATA.001/2/4/26(d) Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe 1990

Sagtebandboek in mooi en skoon toestand, blaaie effens vergeel

Bandontwerp: Jochen Berger