Gids in die Andes : ‘n Verslag van ‘n buitengewone ekspidisie / Jan Viljoen

R70.00

In die begin van September het ek hier in Suid-Afrika die laaste kontak met my gewaardeerde kollega, professor Luck, vanuit Peru gehad. Hy het tydens ’n oproep met ’n byna onhoorbare verbinding genoem dat die satelietfoon probleme gee in die Andes-berge. Begin Oktober het die owerhede in Peru laat weet dat hulle ook geen kontak meer met die ekspedisie het nie: ’n foonoproep met ’n statusverslag elke week was die voorwaarde vir hulle navorsingsvisums.

Teen die middel van Oktober is professor Raymond Luck, sy 16 jarige dogter, Mandy, en haar 17-jarige skoolmaat en huisvriend, Tim Bergh, amptelik as vermis aangegee. Ek het dieselfde dag ’n vlug na Suid-Amerika gehaal om te gaan help soek.

Drie dae na my aankoms en met die hulp van ’n Peruviaanse helikoptervlieenier, het ek suid van Vilcapampa op hulle tente afgekom. In die een tent was ’n nota.

Dit was hierdie nota wat aanleiding gegee het tot die ontdekking twee dae later van ‘n opspraakwekkende vonds, wat die dagboek van professor Luck ingesluit het. Die laaste inskrywing was die van 24 September.

Eers terug in Suid-Afrika kon ek met aandag prof. Luck se dagboeknotas lees wat oor byna drie maande geskryf is. En ek het geweet: ek, as veteraan vryskut joernalis, moet die geselskap se vreemde en ook hartseer avontuur aan die wêreld bekend maak. Soms klink dit seker ontstellend na aan ‘n spookstorie, maar dit is nie. Hulle het my oortuig dis die volle waarheid.

Hier volg die verslag van ’n buitengewone ekspedisie volgens die dagboekinskrywings van die argeoloog Professor Raymond Luck, wat wêreldwyd bekend is, maar nie altyd deur almal ernstig opgeneem word nie:

Out of stock

SKU: JEUG.CDON.030/16/2/22; JEUG.(B)JVW.048/10/22 Category: Tags: , , ,

Description

De Jager – HAUM

Eerste uitgawe, eerste druk 1988

Sagtebandboek met vergeelde bladsye, boek lyk ongelees, xbibboek met stempel voorin

Omslagontwerp: Willem Loots