Description
Uitgegee deur CUM-Boeke
Eerste uitgawe, eerste druk 1981
Hardeband met mooi glansomslag in puik toestand.
Boodskap aan vorige eienaar deur skrywer met sy naam onderaan geteken – 17.7.81.
Omslagontwerp deur Lou Henning.
R70.00
Die oorlogswolke pak dreigend saam met die 19e-eeuse Kaapse Oosgrens. Die Xhosas smee planne om die blanke koloniste i ndie gebied noor van Katberg uit te delg… en Jack Holder word vasgevang in ‘n maalstroom van agterdog, diefstal, geweld en oorlog.
Die jong man van Britse herkoms is ‘n Setlaarseun wat feitlik alles aan dié pioniergrens verloor het. Hy kry ook te doen met ‘n oulike boerenooi en haar onredelike pa, ‘n mooi Engelse meisie wat weet wat sy wil hê, veediewe en oorlogintrige. Die besef dat hy die enigste is wat sy mense van ondergang kan red, is ‘n verantwoordelikheid wat die beste uit Jack uithaal…
Die verhaal is gegrond op enkele geskiedkundige feite wat oor die slag van Whittlesea bekend is. Kommandant Bowker is ‘n egter persoonlikheid uit die tyd en ‘n merkwaardige man van Setlaarsherkoms. Ander karakters en gebeure is suiwer fiksie, behalwe die uiteindelike jaagtog te perd na Cradock, wat deur ‘n persoon onderneem is wat die geskiedenis naamloos laat bly het. Enkele feite omtrent die slag self het bewaar gebly en is ter wille van die juistheid opgeneem.
1 in stock
Uitgegee deur CUM-Boeke
Eerste uitgawe, eerste druk 1981
Hardeband met mooi glansomslag in puik toestand.
Boodskap aan vorige eienaar deur skrywer met sy naam onderaan geteken – 17.7.81.
Omslagontwerp deur Lou Henning.