Groete van vader / Jan Schutte

R80.00

Uit die vreemde skryf ‘n boer aan sy kinders in die Vrystaat. Hy vertel hulle van sy toergroep se manewales in verre plekke soos London en Parys, Jerusalem en Athene.

Hoe ant Bybie onwetend paddaboude eet in Parys, hoe Terblans, wat altyd beter weet, sy moses teekom in ‘n Jerusalemse kruieverkoopster met haar geniepsige takke, en hoe Ma op ‘n verkeerde klip in Athene sit.

Hy vertel  ook van toerlede wat hulle ‘n bietjie eenkant hou, van knop-in-die-keel-ervarings. Hoe die dood van die gesette vroutjie uit Warden se wêreld almal in die groep raak, sy wat nie kans gesien het vir die Eifel-toring nie. En daar’s die twee ou tantetjies se stralende vreugde om by die stal van Bethlehem te staan.

1 in stock

SKU: FIKSIE.DON.006/19/11/20 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe 1984

Hardeband met mooi voorblad

Pragtige swart en wit sketse in die boek

Ander boeke deur hierdie skrywer:

  • Die Du Plooys van Soetmelksvlei deel 1 en 2
  • Briewe van tant Magrieta