Description
JL van Schaik
Eerste uitgawe 1998
Sagteband boek in mooi en netjiese toestand
R100.00
Jou handskrif verklap heelwat meer as wat jy vermoed. Dis nie om dowe neute nie dat die handskrif van party mense vol krulletjies is, terwyl ander strak en regop skryf. Sommige handskrifte hel oor na links, word deur groot lusse gekenmerk of toon ‘n swaar drukking op die pen. Om hierdie en ander redes word handskrifdeskundiges byvoorbeeld geraadpleeg oor die aanstelling van kandidate vir bepaalde poste.
Handskrifgeheime is ‘n praktiese gids om jou eie handskrif en dié van ander te verstaan. Aan die hand van verskeie handgeskrewe briewe en notas leer ‘n deskundige, Pauline Morgans, jou om belangrike kenmerke in ‘n handskrif raak te lees en binne die konteks van die geheel te vertolk.
3 in stock
JL van Schaik
Eerste uitgawe 1998
Sagteband boek in mooi en netjiese toestand