Description
Perskor-Uitgewery
Eerste uitgawe eerstde druk 1979
Hardeband met stofomslag, stempel van biblioteek voorin, blaaie vergeel maar als nog netjies
Stofomslagfoto: Chris Jansen
R120.00
Heidesee is Adam Small se eerste roman. Dit is ‘n verhaal van menslikheid en deernis, sê die skrywer, ‘n boek sonder pretensie.
Die verhaal speel in ons tyd af, in die jare na 1948. Heidesee verbeeld die emosies van die mense van ‘n dorpie van daardie naam op ons Kaapse weskus.
Dit is die soort emosies van Kanna hy ko huistoe. Die leser sal geruk word en genoop word om na te dink oor die betekenis van menswees.
Heidesee is ‘n liefdesverhaal: Charlie Isaacs en Golla Prins-hulle se roerende liefde vir die see, Morela Isaacs se moederliefde, Sam Mentoor se worstelende liefde vir God, die tragiese liefde van Shireen Isaacs vir Sam, klein Charlie se sensuele maar tere liefde vir die “mooieste meisie van die Kaap”, Gaironesa, die jong weduwee van sy broer wat in die storm omgekom het.
Bo-oor alles hand daar wat die skrywer noem “die harde, ewige liefde van God vir al sy mense”.
1 in stock
Perskor-Uitgewery
Eerste uitgawe eerstde druk 1979
Hardeband met stofomslag, stempel van biblioteek voorin, blaaie vergeel maar als nog netjies
Stofomslagfoto: Chris Jansen