In die hemel eet ‘n mens mieliepap / Maretha Maartens

R120.00

“Waar is Dachau?” stamel Daniel. “Wat het ons gedoen dat ons … dat ons daarheen moet gaan?” “Jy is ‘n Jood,” sê Toiingkop saaklik. “Jy’s met die verkeerde neus en die verkeerde vel en die verkeerde kleur hare en die verkeerde voorvaders gebore. Jy’s die Joodse Probleem …” Die vyftienjarige Daniel Rosendorf en sy ma kuier by familie in Bloemfontein toe sy pa uit Munchen laat weet dat daar nou plek is by die vioolbouer. Met warm goed, ‘n joernaal, lapsak en vyf potlode vertrek hy na Europa met die Union Castle. In Munchen is alles egter nie meer dieselfde nie … Die vuurhoutjiedooshuisie waarin hy en sy familie woon, is leeg en verwaarloos. Pa en Abigail het “in die nag weggegaan”. En ruik hy sleg dat Elfriede met die bottelglas-oe hom so snaaks behandel? Daniel se lewe verander ingrypend wanneer hy deur Duitse soldate geforseer word om op die vragmotor te klim. Het hy genoeg chutzpah om hom deur die taaiste stryd van sy lewe te sien?. In die hemel eet ‘n mens mieliepap is ‘n meevoerende jeugverhaal wat die leser in kontak sal bring met ‘n kaleidoskoop van intense gevoelens. Die onoorwinbare gees van die mens word treffend deur die pryswennerskrywer Maretha Maartens uitgebeeld.

1 in stock

SKU: JEUG.DON.007/3/10/23 Category: Tags: , , , ,

Description

Perskor-Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk 1991

Hardebandboek in mooi en skoon toestand – boek is soos nuut

Omslag: Colleen Brandon