In die tyd van die Uil /Rall, Henk

R70.00

Dr. Henk Rall was gemoeid met mediese navorsing op vier vastelande, en benewens poësie en prosa het hy ook talle wetenskaplike artikels geskryf.

In die tyd van die uil is die verhaal van mense aan weerskante van politieke skeidslyne in klein enklaves van grensbestaan. Dit word aangebied vanuit teenstrydige gesigspunte: dié van boere, ‘n dokter, ‘n predikant, ‘n dienspligtige en mense wat landmyne plant… Dis ‘n verhaal van oortuigings en ontgogeling, geweld en passiwiteit, liefde, haat en wellus in die bitter son van Afrika. Uiteindelik gaan dit oor morele waardes en die keuses wat mense maak.

Henk Rall skryf ontledend en tog nie sonder deernis nie, oor ‘n wêreld en mense wat hy ken. In die tyd van die uil is daar onheil in die lug, maar daar is ook die flikkering van begrip en insig.

1 in stock

SKU: FIKSIE.004/11/21 Category:

Description

Human & Rousseau, Sagteband boek in redelike goeie kondisie, net ligte vlekke op voor en agterblad, Eerste Uitgawe 1989, Stofomslagontwerp deur Patricia Going