In voetpad se kloof /Nortjé, PH

R90.00

Mannetjies wys na die oorkantse hang van die dwarsspruit wat in Voetpad se kloof inloop. Haastig korrel Bertus deur die verkyker. En so sien Bertus de Wet, pas terug na sy militêre opleiding, weer Baviaanskloof se oorblywende bergsebras.

Aanvanklik steur hy hom nie veel aan die paar seldsame diere nie, want nie alleen is Ansie afsydig nie, maar op die plaas loop alles verkeerd. Daar is boonop ‘n bloeddorstige luiperd wat op een slag nege van Bertus se sybokke plattrek. Sy vete teen die luiperd neem in felheid toe omdat die luiperd ook die dood van twee bergsebras veroorsaak het. Oom Gaaf kommandeer die hele Sewefontein op vir ‘n luiperdjag. En daar in Voetpad se kloof kry Bertuis die geleenthed om wraak te neem… maar eindelik sou dit die bobbejane wees wat die laaste jag…

1 in stock

SKU: FIKSIE.SUM.005/25/3/24 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg Uitgewers

Datum: Eerste druk 1970

Toestand: Hardeband met omslag, boek nog netjies en skoon met skoolstempels en bib sakkies agterin boek