Jannie Sprinkaanbeentjies / J.J. Scheepers

R110.00

Jannie Sprinkaanbeentjies is terug! Jannie Sprinkaanbeentjies of Honger Jannie soos Sakkie-hulle hom soms genoem het, het nagenoeg dertig jaar gelede vir die eerste keer sy verskyning gemaak. Eers as vervolgverhaal in Die Brandwag en later in boekvorm.

Van die begin af was Jannie en sy maters sommer baie gewild. Duisende kinders – en laat ons dit erken duisende volwassenes – het hulle kattekwaad en manewales terdeë geniet. Daar het mos aljimmers iets met Jannie, Sakkie, Snoepie, Piet Kraaivoet, Johnny en  Jonas gebeur. Veral met die arme stadsjapie Johnny. Maar nou ja, as Jannie Sprinkaanbeentjies in die nabyheid is, moet ‘n mens verwag dat daar dinge met ‘n mens sal gebeur!

En nou, na al die jare is Jannie Sprinkaanbeentjies en sy makkers terug. Die verhaal is so hier en daar deur die jeugverhaalskrywer, Cas Vorster gewysig maar dit bly nog steeds dieselfde Jannie wat soveel genot aan so baie jong mense verskaf het.

Out of stock

SKU: JEUG.BOE.007/2/18 Category:

Description

Verwerk deur: Cas Vorster

Uitgewer: Voortrekkerpers  (Oorspronklik uitgegee deur Afrikaanse Pers Bpk)

Datum: 1971

Toestand: Hardeband met gekleurde stofomslag, naam van vorige eienaar voorin geskryf in ink

Omslagontwerp en illustrasies: Esther Boshoff