Johanna Brandt en die kritieke jare in die Transvaal 1899-1908 / Rita van der Merwe

R120.00

Daar bestaan min twyfel dat die mense wat die Anglo-Boereoorlog en die naoorlogse tydperk beleef het, veelbewoë maar ook avontuurlike jare meegemaak het. Aan dié heldetydvak kan Johanna Brandt (Van Warmeloo) se naam gekoppel word.

Sy was ‘n merkwaardige vrou, besonder intelligent en met sterk leiereienskappe en buitegewone energie. Sy het haarself gesien as lid van die “aristokrate van die volk”.  Gedurende die Anglo-Boereoorlog word sy betrek in die spioenasienetwerk va ndie Transvaalse Geheime Diens en haar woning word ‘n skuilplek vir Boerespioene. Vir ‘n tyd lank is sy ook kampverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. Na die oorlog neem sy as predikantsvrou ‘n leidende rol in die opheffing van verarmde Boerevroue en die emansipasie van die vrou en help bou aan die geestelike vorming van ‘n nasionale bewussyn. In later jare geniet sy groot bekendheid as die skryfster van Het concentratie-kamp van Irene (1905). The Petticoat Commando (1913) en Die Kappie Kommando (1913).

Hierdie studie handel in hoofsaak oor Johanna se wedervaringe in haar twintigerjare, alhoewel sy byna 88 jaar oud geword het…

Out of stock

SKU: GESK.PRO.006/23/3/23 Category:

Description

Uitgewer: Protea Boekhuis

Datum: Eerste uitgawe 2004

Sagteband boek in baie goeie toestand, byna nuut