Description
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2005
Sagtebandboek met mooi gekleurde vrolike voorblad, boek is soos nuut
R180.00
Gewonder hoe om kinders naweke en vakansie besig te hou? Hier sal beslis ‘n speletjie of tien wees wat hulle sal geniet!
Speletjies het in die tyd van rekenaars en televisie begin agterweë bly, selfs vergete geraak. Hierdie boek sal ouers en grootouers se geheue verfris en kinders ure lank plesierig laat speel.
Die versameling is omvangryk en sluit speletjies in soos Wegkruipertjie, Blikaspaai, Koljander, koljander so deur die bos, Ring-a-ring-a-rosy, Donker kamer en Kennetjie, om slegs ‘n paar te noem. Dis ‘n skatkis van pret en plesier wat kinders weer buite toe lok, vars lug laat kry en in die proses word hulle fiks, gesond en hulle kreatiwiteit gestimuleer, en dit maak hulle lekker moeg ook. Laat die speletjies begin.
Out of stock
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2005
Sagtebandboek met mooi gekleurde vrolike voorblad, boek is soos nuut