Laat daar lig wees /Pistorius, Gawie

R230.00

Om mee te begin, moet ek sê dat jy ‘n groot en grootse werk die lig laat sien het, én dat jy in die proses van skepping daarvan enorm veel werk en baie tyd daarin gesit het. Maar, dit moes vir jou makliker (let op: nie maklik nie) gewees het omdat jy van kleintyd as ‘n Christen opgegroei het en grootgemaak is, en jou Christenskap binne die koesterende konteks van jou pastorie-ouerhuis deurleef het om uiteindelik so ‘n deurwinterde Christen te word – nie net in die kennis van jou godsdiens en insig in die werkinge daarvan nie, maar méér nog, in die belewing en uitlewing van jou Christelike geloof in reële Christenskap. Vir hierdie lofwaardige werk wat jy in Laat daar lig wees teboekgestel het, moet ek jou dus gelukwens. Ek sê weer dit moes ‘n enorme taak gewees het om al jou kennis van die Bybel, al jou eie ervaringe, al jou geloofsoortuigings, en die wye spektrum van bykomende literatuur en selfs letterkunde, aanvullende kommentare en aanverwante insigte in ordelike rye aanmekaar en agtermekaar te sit om uiteindelik hierdie boek waar te maak. Jou honderde verwysings en interpretasies van die Skrif spreek van jou Skrifgeleerdheid – in die positiewe sin van geleerdheid – iets wat ooglopend natuurlik en vanself kom en jou kennis van die Bybel en veral die Evangelies onderstreep. Jou moeite om ingewikkelde beredenerings vanuit meerdere (alle) gesigshoeke te oorpeins – én oop te bly vir alle moontlikhede – is bewonderens­waardig. Nogtans trek jy jou eie weldeurdagte konklusies daaruit. Mooi so goeie en getroue … die res wat in versvorm hierop volg, ken jy natuurlik goed.

1 in stock

SKU: GEE.GAW.001/8/18; GEE.GAW.002/8/18; Category:

Description

Cordis Trust

Eerste uitgawe sesde druk 2018

Sagteband nog nuut – geteken deur die skrywer