Description
Tafelberg
Tiende druk 1976
Hardeband met mooi omslag alhoewel skaafmerke op die rante van die omslag, boekinhoud nog skoon, blaaie vergeel, kleeflintmerke op binneblaaie waar plastiek verwyder is.
R75.00
Miekel Marais is veertien jaar oud en die hoofkarakter in Miekel die koerantjoggie. Kort na hulle na Stellenbosch verhuis is sy pa in ’n motorongeluk dood en is sy ma in die hospitaal opgeneem. Hy bly by sy ouma en oupa totdat sy ma ontslaan word en keer dan terug na Stellenbosch, waar hy nog baie vreemd voel. Die buurseun, Rikus van der Merwe, help hom egter om sy ou afgeleefde fiets reg te maak en stel hom voor aan ’n aantal gawe seuns. Geld is skaars en dit word Miekel se hartsbegeerte om vir sy ma ’n geskenk te gee, roosstruike om in die 36 gate te plant wat sy pa kort voor sy dood hiervoor gemaak het. Hy word ’n koerantjoggie om geld te kry en hierdie wens te vervul, maar dan word sy ou fiets gesteel.
1 in stock
Tafelberg
Tiende druk 1976
Hardeband met mooi omslag alhoewel skaafmerke op die rante van die omslag, boekinhoud nog skoon, blaaie vergeel, kleeflintmerke op binneblaaie waar plastiek verwyder is.