Description
Tafelberg-Uitgewers
Eerste uitgawe 1992
Hardebandboek met mooi netjiese stofomslag, naam van vorige eienaar met pen op titelblad gekryf
Voorbladskildery: Sun and moon deur Maud Sumner
R120.00
Al die jare dat hy uitgesien het na die land in die suide, die land van sy herkoms, die land van melk en heuning, was daar een ding bo alles wat Lukas van Niekerk mens gemaak het onder die mense rondom hom: sy taal. Saam met Moeka se melk het hy woord in sy mond gekry, en stories, ‘n hele geskiedenis, wat om uitgesonder het in Angola waar hy gebore is, hy was ‘n Afrikaner. Tot hy uiteindelik, in lewensgevaar, die grens na die beloofde land kon oorstek. Toe maak hulle van ‘n hom ‘n kaffer.
Twintig jaar later gaan soek ‘n joernalis ene Sipho Mbokani in Alezandra op. Hy praat glo Afrikaans. Hy dryf taxi. In sy huis is Totius en ‘n Kaapse tolletjiestoel, ewe verweer. Maar hy het lankal Afrika se wit tet uitgespoeg, die melk het vir hom rens geword.
Tog word hulle vriende- die bitter swart man en die soekende Afrikaner. Wat wat hulle bind, is meer as wat hulle skei. En wanneer die joernalis later Lukas se verhaal opteken, sy lorrie se spoor deur Angola vat suide toe, deur tonele van skrynende verwoesting, kan hy dit net doen deur sy eie daarmee te vervleg. Ook die van sy regs-rebelse seun Deon wat soos Lukas vroeër, aan moedersknie sy hart vergeef verpand het aan ‘n mitiese Afrikanerdom. Hulle al drie se verhaal, in ‘n Suid-Afrika wat soos Angola vroeër om hulle in duie stort.
Moerland is bekroon met die W.A. Hofmeyer-prys en die Rapportprys vir prosa.
Out of stock
Tafelberg-Uitgewers
Eerste uitgawe 1992
Hardebandboek met mooi netjiese stofomslag, naam van vorige eienaar met pen op titelblad gekryf
Voorbladskildery: Sun and moon deur Maud Sumner