Description
Zebra Press – ‘n druknaam van Random House Struik
Eerste druk 2008
Sagtebandboek so goed soos nuut – slegs ‘n vorige eienaar se naam voorin boek
R120.00
In Mense Van My Asem vertel Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke.
Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê – sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het.
Hierdie boek gee ’n boeiende – en soms skokkende – kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.
1 in stock
Zebra Press – ‘n druknaam van Random House Struik
Eerste druk 2008
Sagtebandboek so goed soos nuut – slegs ‘n vorige eienaar se naam voorin boek