Description
Tafelberg
Eerste uitgawe eerste druk 1982
Sagteband in redelike toestand, skoolstempel voorin boek en sellotapemerke op titelblaaie voor en agter
Bandontwerp: Gerhard Last met ‘n foto van Chris Matuszek
R65.00
“Op die Cape Flats is ons almal ordinary mense, en ons praat ’n ordinary taal. Ons speel met daardie taal. Dié van ons wat Kaaps praat, kan ook soms straight praat. Dié van ons wat straight praat, praat ook dikwels Kaaps. My poësie is straatpoësie, praatpoësie as jy wil, deel van die drama wat plaasvind op straat.” Die digter Peter James Snyders is aan die woord. Reguit, eerlik en sonder voorbehoud.
Hy is beslis nie jou gemiddelde mens nie. Ook nie ‘n gewone skrywer nie. ‘n Waarskynlike mens dalk? Maar glo my, hy is g’n Ordinary mens. Dit kan ek jou verseker!
Peter James Snyders is op 14 November 1939 in Wynberg in die Kaap gebore. Vroeg maak hy kennis met gedwonge verskuiwing. Alhoewel hul vir ‘n aantal jaar in Douglasweg gebly het, moes hulle daar uit na Hazendal, net langs Bokmakierie, ‘n geweldadige buurt. Hier, en later in Athlone maak sy ouers hom en die res van die gesin groot. Later jare nadat hy die verhoogdrama, “Min Genade” geskryf het, sê Peter Snyders: “Mens raak later tolbos en daar is min genade vir jou…nie van die inwoners nog die regering van die dag!”
Verkry vanaf: http://versindaba.co.za/2009/12/04/peter-james-snyders-gn-ordinary-mens/
Out of stock
Tafelberg
Eerste uitgawe eerste druk 1982
Sagteband in redelike toestand, skoolstempel voorin boek en sellotapemerke op titelblaaie voor en agter
Bandontwerp: Gerhard Last met ‘n foto van Chris Matuszek