Nooi uit die vreemde /Kielblock, Karl

R70.00

Van die twintigtal Hollandse weesmeisies, op weg na die Kaap om met onbekende kompanjiedienaars te trou, was Anna van’t Rode bepaald nie die aantreklikste nie. Dit was eerder  haar vurige temperament, haar sterk persoonlikheid en haar regverdigheidsin wat Pieter Barentz met meer gewone belangstelling na haar laat kyk het. Buitendien was sy vasbeslote dat Pieter gestraf moes word vir sy onverantwoordelike optrede teenoor die onbekende barones Gerda van Mecklenhof.

Maar hierdie jong soldaat wat bekendheid verwerf het deur sy behendigheid met die swaard en sy heldhaftige optrede, sou hom nie laat afskrik deur ‘n koppige vroumens nie. Dit het hoom wel ‘n tweede besoke aan Holland gekos, en hy moes selfs met die pistool dreig, maar uiteindelik sou hy tog daarin slaag om twee paadjies ineen te laat loop.

Out of stock

SKU: FIKSIE.NAU.004/4/18 Category:

Description

Uitgewer: Nasionale boekhandel Beperk

Datum: Vierde druk 1957?

Toestand: Hardeband met stofomslag in puik toestand, naam en adres van vorige eienaar voorin in inkpen geskryf