Nuwe verseboek vir juniors /Wolvaardt, HS (samesteller)

R45.00

Die gedigte wat in hierdie bundel versamel is, is gerig op die leerlinge in hul vroeë en middel tienerjare – ongeveer die sewende tot tiende skooljaar.

Uitgangspunte wat by die keuse van gedigte ‘n rol gespeel het, was veral die volgende:

Eerstens moet dit aanpas by die emosionele ontwikkelingspeil van leerlinge wat besig is om die kinderstadium te ontgroei en reeds die wêreld van die adolessent betree – met al die heftige emosies en vrae  oor die onbekende, nuwe en ruimer perspektiewe wat oopgaan en beproef moet word. Tog moet die speelse ervaring, die avontuurlike en selfs fantasie vir die jongeres soms nog teenwoordig wees, terwyl vrae oor die sin van die lewe waarmee die oueres begin worstel, ook moet meespreek…

Die ervaringswêreld van die moderne kind verskil voorts ingrypend van dié van enkele dekades gelede. Benewens die grootliks verstedelike milieu, is die kind vandag vertroud met die moderne tegnologie, maar hy deur die media kennis met die wye wêreld daarbuite en is hy nie meer onkundig oor sake wat vroeër as taboes voorgehou is nie. Sonder om hulle gering te skat, is van sommige digters minder voorbeelde opgeneem, terselfdertyd is die resente poësie sterker verteenwoordig.

Out of stock

SKU: DIG.SKO.260/15 Category:

Description

Uitgewer:  Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1993

Toestand: Sagteband in mooi en netjiese toestand, skoolstempel voorin