Description
Protea Boekhuis
1ste uitg, 2007
Sagteband splinternuut
R150.00
In Botha se derde roman reis pa en seun deur Afrika. Botha se bekende humor, sinisme, liriese natuurtonele en fassinerende karakters onderweg boei en vermaak die leser. maar daar is meer. Die pa, werksaam in die President se kantoor, is onwillig om oor die politiek te praat maar doen dit tog, veral oor die apartheidsera. Die seun werk vir die poskantoor op Beaufort-Wes en is ‘n lid van die werkspan wat nuwe kabels lê. Hy soek na antwoorde op ander vrae: “Alles wil mekaar net die hele tyd doodmaak. Dit moet tog êrens heen lei. Maar waarheen?”
Die mans sien vistas van uitgestrekte savannes groter as Savuti, waternetwerke en moerasse imposanter as die Okavango.. En verspreid oor die landskap troon eeue oue kremetartboeme wat waak oor hul koms.
1 in stock
Protea Boekhuis
1ste uitg, 2007
Sagteband splinternuut