Trits (Mis * Mirakel * Drif) : Drama en aantekeninge /De Wet, Reza
R110.00 Original price was: R110.00.R45.00Current price is: R45.00.
Die vervlegting van die naïewe, die groteske en die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot ‘n drieluik, ‘n musikale eenheid as’t ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink. al die “verlore persone” ontsnap uit ‘n verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van “teater” en ‘n reeks “towenaars” die buitegewone, dog gevaarlike wêreld van fantasie en vervulling. Terselfdertyd verskil die dire stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk ‘n spesifieke atmosfeer het.
In hierdie dramas val die klem nie op realistiese of polities-relevante temas nie, maar skep die dramaturg teater wat verwant is aan ‘n nie-literêre vermaak, ‘n teatervorm wat, soos die sirkus, die towenaar en die pantomine, ‘n gehoor in vervoering kan bring.
Reza de Wet, bekroonde dramaturg van Vrystaat-trilogie, regisseur, aktrise en akademikus, lewer met hierdie drieluik ‘n tweede trilogie waarin sy noukeurig dramaties gestruktureerde werke met die rare kombinasie van speelbaarheid en leesbaarheid gebruik om boeiende verhale oor te dra, verhale warin die fyn balans tussen die droomagtige, die realistiese, die humoristiese en die groteske deurgaans gehandhaaf word…
Out of stock
Description
Maskew Miller Longman – Literêr
Vierde druk 2008
Sagtebandboek boek is baie gebruik en het potloodnotas in die begin van die boek en het ‘n bruin koffievlek op eerste binnebladsy en ook name van vorige skoolkinders se name voorin boek nog bruikbaar
Aantekeninge en aktiwiteite deur Ronél Gouws
Reza de Wet, bekroonde dramaturg, regisseur, aktrise en akademikus