Penvere /Du Plessis, Morné

R80.00

Penvere, ‘n versameling rubrieke deur die voëlkenner Morne du Plessis, beloof om enige voëlliefhebber – hetsy agtertuinbewonderaar of kranige ornitoloog – breed te laat glimlag. In hierdie bundel word met ‘n fyn oog en ‘n skerp sin vir humor gekyk na die sonderlinge gedrag en gewoontes van verskeie Suid-Afrikaanse voëlspesies, waarvan die meerderheid selfs aan die leek bekend behoort te wees. Van die hadeda en die lemoenduif tot die mossie, koekoek en bosloerie – elke spesie bestaan in ‘n unieke verhouding tot die natuur – en besig ‘n magdom eiesoortighede wat soms nie veel van menslike gedrag verskil nie!

Met sy pittige aanslag en skerp waarnemingsvermoë, dwing Du Plessis die leser om saam met hom verwonderd te raak oor die boeiende voëlwêreld wat rondom hom bestaan.

Out of stock

SKU: KOR.SCH.016/7/19 Category:

Description

Protea Boekhuis

Eerste uitgawe 2004

Sagtebandboek in puik toestand, slegs naam van vorige eienaar voorin geskryf