Peter Pan vir die kleinspan / J.M. Barrie

R110.00

Alle kinders, behalwe een, word groot. Hier is die verhaal van daardie een – Peter Pan.

So begin een van die mees geliefde stories van ons tyd. Wanneer Peter Pan een nag sy skaduwee in Wendy en haar broers se kamer soek, oorreed hy hulle om saam te vlieg na die Nimmerland – ‘n eiland waar die Weggooikinders woon. Peter Pan wil hê dat Wendy vir die seuns stories moet vertel, want hulle is eensaam. Maar op die eiland woon daar ook seerowers en Rooihuide en wilde diere, waarvan die vreeslikste die krokodil is. Gelukkig het hy ‘n wekker ingesluk wat tikke-takke, tikke-takke binne-in hom maak en ‘n mens waarsku dat hy aan die kom is…

Hierdie verkorte weergawe van J.M Barrie se beroemde boek, is ideaal geskik vir voorlees aan kleuters.

 

2 in stock

SKU: KIN.WAV.004/12/9/22; JEUG.LIN.(B)017/1/13/23 Category:

Description

Human & Rousseau

Hardebandboek in puik nuwe toestand, blaaie nog styf en waarskynlik nooit gelees nie.

Eerste Afrikaanse uitgawe  1983

Oorspronklike titel: The nursery Peter Pan – 1961

In Afrikaans vertaal deur W.O. Kuhne

Illustrasies: J.S. Goodall