Pippie / Anice Kruger saam met Colleen Naude

R90.00

Die kind wat dood moes gewees het, lééf!

Toe 80% van Pippie Kruger (2 en ‘n half jaar oud) se lyfie verbrand het, het geen dokter gedink sy kan dit oorleef nie.

Hoe oorleef ‘n ma die verbysterende skok om haar pragkindjie so te sien? Vir die eerste keer maak Anice Kruger haar hart oop: hoe sy met God baklei het, hoe sy, kind van die konserwatiewe platteland haar persepsie van mense oor verskeie grense heen verander het. Erwil Kruger vertel wat die ongeluk aan hom gedoen het en die invloed daarvan op hulle huwelik.

Mense in meer as 70 lande het versteom gestaan oor wat ‘n span Suid-Afrikaanse medici vermag het. Oor ‘n wonderwerk wat steeds ontvou.

Dit is die verstommende verhaal van vasberadenheid en veggees. Van onwrikbare geloof, liefde wat geen grense ken nie, en hoop. Van God wat die Bron is van ewige hoop.

Ingesluit 16 bladsye met aangrypende foto’s.

2 in stock

SKU: BIO.DON.024/12/17; BIO.LIZ.002/10/19; BIO.SUS.(B) Category:

Description

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

Datum: Eerste uitgawe 2013

Toestand: Sagtebandboek, so goed as nuut met koki prys op binneblad geskryf