Hoog bo die Urubamba / Johann Bekker

R80.00

Vir Bert Greyling en sy vyf maats beloof die besoek aan Machu Picchu in Peru om die hoogtepunt van hul Suid-Amerikaanse toer te wees. Hierdie ruinestad in die Andes-gebergte was reeds in die pre-Inka-tyd ‘n belangrike staatkundige sentrum.

In hul hotel in Cuzoo ontmoet die Suid-Afrikaners weer vir  Pepe, die student uit Lima. Pepe blyk ‘n toergids te wees tydens sy vakansies, en almal is bly wanneer hy aangewys word as hul gids in Machu Picchu.

Maar die oggend van die vertrek begin sake verkeerd loop. Koos Delport, die toerleier, se tas word gesteel en dit lyk nie  heeltemal toevallig nie. Pepe wil help. Of probeer hy juis om Bert-hulle op ‘n dwaalspoor te bring? Of kan dit wees dat  general Manos, die berugte rebelle-leier, iets met die saak te doen het?

By Machu Picchu is Pepe egter weer die vrolike gids wat  die toer interessant maak met allerlei staaltjies en vertellings. Tog, wanneer hy Suzette, Pierre en Carl probeer afhok, om net vir hulle drie sekere reunes te gaan wys, begin Bert lont ruik. Hy, Jeejee en Helmie  besluit om ondersoek te gaan instel. Wat as ‘n onskuldige agtervolging begin, ontaard in ‘n spannende avontuur…

1 in stock

SKU: JEUG.SUM.003/8/21 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: 1ste uitg, 1983

Toestand: Hardeband met mooi gekleurde voorblad, boek in puik toestand, bladsye vergeel