Mensies van die Dorsland / John Coetzee

R80.00

Die eerste keer het Leentjie hule by die watergat gesien. Of was dit maar net die skaduwees op die wit rotse?

Bertie en Mazero glo haar nie as van die mensies vertel nie. Haar pa en ma wil nie hê dat sy oor die mensies moet  praat nie. Dan begin die pampoene uit die pakkamer verdwyn. En in dié dorre wêreld waar hulle ma water uit modder moet pers, is pampoene iets kosbaars.

As Bertie en Mazeru een nag klik-piepgeluide in die pakkamer hoor, weet hulle wie die diewe is. Dit moet Leentjie se mensies wees, die mensies wat vir  haar bessies gee en haar na die berg toe lok. Dit was nie die laaste keer dat  Bert-hulle moet dié mensies  te doen gekry het nie…

Bert, Leentjie en Mazeru se verhaal speel af in ‘n minder bekende tydperk in ons land se geskiedenis – die tyd  van die Dorslandtrekke, ‘n tyd van aangrypende heldedade. John Coetzee se Mensies van die Dorsland het ‘n bekoring van ‘n volkslegenede en die tergende spanning van ‘n avontuurverhaal.

Out of stock

SKU: JEUG.CDON.034/12/21 Category: Tags: , , , ,

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste druk, 1975

Toestand: Hardeband met stofomslag in puik toestand, biblioteekplakker en stempel agter in boek,

Stofomslagontwerp deur Helmut Starcke