Description
Tafelberg
Tweede uitgawe, derde druk 1978
Hardebandboek, met voorblad skets, in puik toestand
BaieBAIE skaars boek
R180.00
Die verhaal van twee speurhonde. Hierdie boek het homself oor een oor bewys as ‘n treffer.
Elke kind en elke volwassene in Suid-Afrika weet van die Suid-Afrikaanse Polisie se speurhonde. Iedereen het al gelees van gevalle waar speurhonde die spoor gevolg het van ‘n misdadiger en die booswig uiteindelik uitgesnuffel het in sy skuilplek. Nou het HS van Blerk die storie geskryf van dié intelligente, gevoelige diere. Hy het na die depot gegaan waar die honde opgelei word en kennis gemaak met die manne wat die werk doen. Die wonderlike verhale van die prestasies van die honde is aan hom vertel. Hy het self gesien hoe elke hond met eindelose liefde en geduld opgelei word. Die soort insident waarin Roman en Robyn ‘n rol speel het werklik al plaasgevind met ‘n polisiehond, en die beskrywing van die afrigting is waar. Die skrywer het sy verbeelding gebruik om ware feite saam te weef in ‘n verhaal wat die leser boei tot op die laaste bladsy…
Out of stock
Tafelberg
Tweede uitgawe, derde druk 1978
Hardebandboek, met voorblad skets, in puik toestand
BaieBAIE skaars boek